Hiperbool (taalleer)

Hiperbole staan ook bekend as oordrywings
Afrikaanse Taalleer

Hiperbool (Antieke Grieks, huperbolḗ , van ὑπέρ ( hupér , 'bo') en βάλλω ( bállō , 'ek gooi')) is die gebruik van oordrywing as 'n retoriese toestel of spraakvorm in taalleer. In poësie beklemtoon dit sterk gevoelens, en skep sterk indrukke. As 'n spraakvorm is dit gewoonlik nie bedoel om letterlik opgeneem te word nie. [1] Deur 'n hiperbool word iets vergroot of oordryf om dit indrukwekkend te maak en iets te beklemtoon, bv. Ek is so honger, ek kan 'n hele bees eet! (Nie letterlik nie: dalk net eerder 'n stukkie vleis eet.)

  1. http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=1681.0

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne